DRIEANKERBAAI
GEMEENTE

'n TUISTE vir ALMAL

 instagram  instagram  instagram

DRIEANKERBAAI
GEMEENTE

'n TUISTE vir ALMAL

 instagram  instagram  instagram

Eredienste

Sondagoggende om 09:30 te Hoofweg 265, Seepunt
of volg ons videobediening aanlyn op YouTube

⸻ ons Blog

⸻ Wat doen ons?

Hoe kan jy tuiskom?

⸻ Wat doen ons?

Hoe kan jy tuiskom?

KUIER SAAM

Almal word hartlik uitgenooi om ons eredienste by te woon, geniet 'n koppie tee (of koffie) na die diens in die kerksaal en kuier saam by ons basaar en veiling.

GROEI SAAM

Groei as mens, Christen en in geloof deur aan te sluit by 'n groep waar jy aanklank vind.

WERK SAAM

Maak vriende deur in te skakel. Gebruik jou talente en hande te vat met medegelowiges.

⸻ Wie is ons?

Welkom by Drieankerbaai

Die kerk teen Seinheuwel in die hartjie van Seepunt. Drieankerbaai Gemeente is ’n Afrikaanstalige gemeente wat ’n hawe bied vir enige iemand wat hier wil kom anker gooi.

Ons gemeente het drie belangrike ankers:

GELOOF: Ons is gewortel in die evangelie van Jesus Christus, soos dit bely word in ons geloofstradisie: Verlossing uit genade alleen, deur geloof alleen, in Christus alleen. Die hart van ons gemeentelewe is die bediening van die Woord deur die uitleg van die Skrif.

HOOP: Ons lewe in die hoop op God se toekoms soos dit in Christus vir ons sigbaar geword het. Ons leef daarom in die verwagting dat Christus elkeen wat Hom volg, volgens ons gawes gebruik om God, mekaar en ander mense te dien.

LIEFDE: Ons is aan God en aan mekaar verbonde, maar ook aan ander gemeentes binne die NG Kerkfamilie waarvan ons deel is. Ons wil ook graag in liefde saamleef met ander geloofsgemeenskappe en daarna strewe om liefde teenoor alle mense te bewys in navolging van Christus.

⸻ Bydraes

Dankoffers & Bydraes

WEEKLIKS: Dankoffers word by die deure opgeneem. 'n Persentasie van die dankoffer gaan aan ons tradisionele deurkollekte, wat geskenk word aan spesifieke instansies wat deur die Sinode en die kerk gekies is. As jy om enige ander rede graag 'n bydrae wil maak, gebruik gerus die Snapscan kode om 'n bydrae te maak. Indien jy meer van dié instansies wil weet, kliek HIER.

MAANDELIKS: Ons moedig mekaar ook aan om gereelde maandelikse dankoffers te gee. Jy kan dit doen deur ’n EFT, of deur ’n debietorder te skep. Maandelikse dankoffers help ons om beter te beplan en ons deurlopende onkoste te dek, maar ook om ander te help.

JAARLIKS: Ons samel een keer per jaar, aan die begin van Oktober, ’n groot jaarlikse dankoffer in, waarin ons mekaar aanmoedig om een spesiale bydrae te maak, bo en behalwe ons gewone dankoffers. Ons het ook twee groot fondsinsamelings, naamlik die basaar en die veiling. Jy kan meer hieroor uitvind HIER.

BANKBESONDERHEDE: NGK Drieankerbaai, Standard Bank, Takkode: 051 001 Rekening nommer: 071 038 663

⸻ Waar is ons?

Vind ons hier

⸻ Waar is ons?

Vind ons hier

EREDIENSTYE:

Sondagoggende
om 09:30

KONTAKBESONDERHEDE:

079 236 9970
ngkdab@polka.co.za

ADRES:

Hoofweg 265
Seepunt, Kaapstad

NGK DAB wordmark

VOLG ONS

 instagram  instagram  instagram

© 2023 NG Kerk DrieAnkerBaai Gemente | Alle Regte Voorbehou

NGK DAB wordmark

VOLG ONS

 instagram  instagram  instagram

© 2024 NG Kerk DrieAnkerBaai Gemente
Alle Regte Voorbehou

NGK DAB wordmark

VOLG ONS

 instagram  instagram  instagram

© 2024 NG Kerk DrieAnkerBaai Gemente | Alle Regte Voorbehou